Die Voortrekkers Vrystaat

Visie:
Afrikanerjeug, doelgerig vorentoe.

Missie:
Gemotiveerde Voortrekkers wat fokus om die Afrikanerjeug te veranker in die ABC leefwyse.

Projek Noodkrag

In kort ondervind Doornkloof baie uitdagings met die landwye beurtkrag wat verhurings aan buite instansies, leierskapkampe en voortrekkeraktiwiteite ontwrig. Om die rede is daar besluit om ʼn breedvoerige plan in werking te stel om noodkrag in plek te kry op elke kampterrein op Doornkloof. Hierdie projek gaan op die langduur ook ʼn besparing in die algemene elektrisiteitsuitgawes op Doornkloof verseker. Die Gebiedskomitee:
Doornkloof het verskeie opsies ondersoek en met kundige kenners kontak gemaak om die beste werkbare plan in plek te stel. OL Jan van der Walt gaan as koördineerder van die projek optree en die eerste installasies gaan al in hierdie maand gedoen word. Die uitrol van die projek begin op die Sarel Cilliers Terrein en Suiderkruis Terrein en die projek sal dan, soos fondse beskikbaar word, uitgerol word na al die ander kampterreine.

Raak betrokke.