Wat Pak ek in?

o Flits en Bybel
o Eetgerei in ‘n bordesakkie (Bord, Beker, Mes, lepel, vurk, bakkie vir pap en nagereg)  Dit moenie kan breek nie!
o Nasionale spandrag en Erkenningsbaadjie (as jy 1 het)
o Dra en onderklere vir 5 dae.  WENK: Pak elke dag se klere in ‘n sakkie, dan kan die vuil klere weer daar ingaan.
o Stel ou klere vir waterspele
o 4 Weggooibare maskers en 1 lapmasker
o Sweetpak om in te slaap
o Warm baadjie en warm klere (Doornkloof is baie koud)
o Handdoek
o Toiletbenodighede (Sepie, waslap,sjampoo, tandeborsel & tandepasta)
o Lip-ice en sonbrandroom
o Waterbottel en hoed
o Tekkies & kouse, plakkies
o Beddegoed in ‘n sak: Slaapsak, kussing en ‘n warm kombers .
o Pakkie GEWONE vetkryt (Nie MonAmi of uitdraaikryte nie)
o Pakkie koekies met versiersel bv. Toppers (Handig in by ontvangs)


Belangrike inligting

Jy mag ‘n geldjie saambring vir aandenkings by die Wakis, R50 is voldoende. Sit dit in ‘n gemerkte
banksakkie. Ons neem dit op vir veiligheid. Foto’s se link word gekoop en aangestuur @ R20
Kamp pette te koop teen R60
As jy lekkers saambring, sit dit ook in ‘n gemerkte sakkie, sodat ons weet dit is joune, ons neem dit in
en deel dit daagliks uit- dit is om maagpyn te voorkom.
Mamma’s Die spyskaart sluit ten minste 2 keer nagereg en elke dag vrugte en koeldrank in .
Alle medikasie moet gemerk en in ‘n sakkie wees.
Ons neem dit ook in. Dit gaan na die suster by die noodhulppos op ons kampterrein. Die kinders kry
hul medikasie op die regte tye.
MERK U KIND SE ARTIKELS DUIDELIK- hy/sy moet weet hoe dit gemerk is anders kan hul dit nie uitken
nie. Hulle moet ook weet wat u vir hul inpak.

Indien selfone, tablets of ipads saamgebring word, sal dit ingeneem word! (Die selfoon opvangs op die terrein is baie swak, indien daar ‘n krisis is kan ‘n boodskap by die Hoofadministrasie gelos word:  Telefoonnommer: 056 555 0007
Doornkamp 2022