Doornkloof is die Voortrekkers Vrystaat  se trots, plaas en wildkamp. Jaarliks word daar in die skoolvakansies verskeie kampe gehou.

Dit is geleë in die distrik Lindley en is baie jare gelede deur die Trekker Sarel Cilliers bewoon. Verskeie besienswaardighede kan op die plaas gevind word, waaronder die plaasopstal wat deur Sarel Cilliers opgerig is. Die Trekkerspoor is ‘n unieke wandeling deur die geskiedenis. Volg gerus die verskillende skakels en ontdek Doornkloof saam met ons.

Doornkloof is ook beskikbaar vir kampe en saamtrekke.

Doornkloof plaashuis 056 – 555 0007
Doornkloof Ou Huis 056 – 555 0008
Doornkloof Hoofkwartier 056 – 555 0009

Chris Ackerman se selfoonnommer is 084 512 6620 en epos adres doornkloof@skysat.co.za

Doornkloof besprekings word steeds hanteer deur die gebiedskantoor by Doornkloofbesprekings@voortrekkers.org.za
Doornkloof Penning

Die Doornkloofpenning word uitgegee aan kampers wat meer as 20, 30, 40 ens. gebiedskampe bygewoon het.

AANSOEK VORM

DOORNKLOOF NISSE

Die Doornkloof gedenktuinmuur is opgerig . Dit is langs die museum en front na die spruit . Daar word gepoog om ‘n atmosfeer te skep waar geliefdes in rustigheid kan vertoef.

LEES MEER

DoornKLOOF LIED
Doornkloof het sy eie lied wat as die wekroep bekend staan.
BEsoek Doornkloof

DOORNKLOOF SE EIE LIED

Op Dinsdag 28 Maart 1961, terwyl ‘n aantal (van die frisste) seuns die uitloop van Beesveldam met klippe “kompakteer”, begin ‘n wysie in een van hulle, Hendrik du Toit (van Edenburgkommando) se kop vorm. Tydens middagete gaan sit hy voor die klavier in die Sarel Cilliers-saal en werk die wysie met een vinger op die note uit. Oom Tienie Malan, skoolhoof en kommandant van die Sarel Cillierskommando op Edenville, dig die woorde en Jannie Badenhorst, musiek- en sangonderwyser op Reitz, doen die toonsetting.

Die Doornkloof Wekroep

Die bome roep, die klowe roep na jou, na jou
Voortrekkerkind sal tuiste vind by jou, by jou
Hier gaan ons saam
Hier staan ons saam
Hier bou ons saam vir jou
Trou sal ons bly ou Doornkloof aan jou

Die voorslag knal, ons spanne sal verstaan, verstaan
Die bodem is ons erfenis voortaan, voortaan
Hier gaan ons saam
Hier staan ons saam
Hier werk ons saam voortaan
Trou sal ons bly ou Doornkloof aan jou