SELFBEHOUD KAMP

Welkom by Selfbehoud.

Hierdie kamp beloof om die hoogtepunt in jou verkenner loopbaan wees en die waarde daarvan sal jy die res van jou lewe met vrug kan gebruik. 

Registrasie vind plaas in die saal by die CR Swart terrein op Doornkloof.  Die kamp skop af met n 48 uur opleiding in die basiese beginsels van oorlewing. Daarna bly julle in die veld waar julle in spanne selfonderhoudend moet oorleef. Die spyskaart word deur jul self bepaal en kan insluit veldkos, slang, tarentaal, vis of wat julle self kan vang.

Julle gaan gedurende die week aan aktiwiteite deelneem wat julle fisiese en geestelike vermoëns tot die uiterste gaan beproef om sodoende jouself en ook in die groep te handhaaf.

Kampleier:  Cornél Zandberg,
082 562 8567
zancor437@gmail.com